WELKOM BY RADIUM ENGINEERING

 

In 1965 het John Roest 'n veeskaal op sy plaas naby Radium in die Noord Transvaal gebou om aan sy spesifieke behoeftes te voldoen. Ontwerp en gebou vir eenvoudige betroubare hantering. Aanvraag deur bure het daartoe gelei dat die ontwerp gepatenteer is en dat daar eenhede vervaardig is om uiteindelik aan die plaaslike aanvraag te voldoen.

Toe Radium Engineering in 1976 tot stand gebring is, was die oorspronklike ontwerp, betroubaarheid en hoogstaande gehalte van hul implemente, al om bekend in die landbou bedryf.

Onder die leierskap van Michael Roest, John se seun, het Radium Engineering van sterkte na sterkte gegroei, en het Radium Engineering nou reeds 'n uitgebreide personeel van 100 goed opgeleide personeel lede, in die vervaardiging en bemarking van hul uitgebreide reeks implemente, by hul produksie fasiliteite in Babelegi, noord van Pretoria.

Uitgebreide ontwikkeling en navorsings programe verseker dat radium se produkte op die voorgrond is van die nuutste tegnologie in beide die ontwikkeling van die nuwe implemete en die verbetering van bestaande modele. Die produksie fasiliteite word deurgans verbeter om tred te hou met die nuutste produksie metodes.

Die derde generasie van die Roest familie, seuns Gareth en Grant het hulle plekke ingeneem by die Radium Engineering span, wat huidiglik aan 'n uitgebreide handelaars netwerk deur Suid-Afrika sowel as uitvoere na buurstate, en internasionaal.

 
 

 

 

 


 

 

 

 

 

 

As gevolg van voortdurende produk ontwikkeling, behou Radium Engineering die reg om sonder vooraf kennisgewing, besonderhede en spesifikasies reg te stel en te verander