Boerdery en Landbou Toerusting - Radium Engineering

RADIUM ENGINEERING

Radium Engineering streef sedert 1976 vir uitsonderlike kwaliteit, innoverende ontwerpe en betroubaarheid in sy implemente. Dit het hulle ’n gerespekteerde en erkende maatskappy binne die landboubedryf van Suid-Afrika, sowel as buite ons grense, gemaak. ’n Deurlopende navorsings- en ontwikkelingsprogram verseker dat Radiumprodukte aan die voorpunt van huidige tegnologie bly, beide met nuwe produkontwerp en met die ontwikkeling van bestaande modelle. Dit is nog altyd ’n top prioriteit vir hiérdie familiebesigheid om aan al die toerustingbehoeftes van boere te voorsien, dies in Suid-Afrika sowel as in die buiteland.

Radium Engineering is ongetwyfeld ’n toonaangewende spesialis wanneer dit by landbou- en boerderytoerusting kom. Hul omvattende reeks gehalte landboumasjinerie hou aan om jaar na jaar sy betroubaarheid, doeltreffendheid en funksionaliteit te bewys. Met ’n gevestigde belang daarin om die beste moontlike produkte aan die boerderywêreld te bring, is die maatskappy altyd op soek na maniere om te verbeter, uit te brei en verder te ontwikkel.

Met jare se kundigheid, ’n passie vir die landboubedryf en ’n verbintenis tot die vervaardiging van voortreflike voortreflike implemente, is Radium Engineering die antwoord op al jou boerdery- en landboutoerustingsbehoeftes.

RADIUM VIDEO’S

2017 PRODUK KATALOGUS

2017 Afrikaans Cover

PLAASTOERUSTING

Strooitoerusting vir:
Vee & Suiwel
Rygewasse
Weiding
Boord & Wingerd

Grondbewerkingstoerusting vir:
Rygewasse
Weiding

Swaailemsnyers vir:
Rygewasse
Weiding
Boord & Wingerd

Voertoerusting vir:
Vee & Suiwel

Klipverwyderingstoerusting:
Rygewasse
Wyding
Padonderhoud

Padskrapers:
Padonderhoud