Rots Klip Verwyderingstoerusting vir Rygewasse - Radium Engineering

Padonderhoud

Verstrooide rotse op landboupaaie kan ’n oorlas en ’n hindernis wees vir die verskillende stukke masjinerie wat op ‘n plaas gebruik word. Nie net hou hulle die bedreiging van skade aan landboutoerusting in wat sodoende hul leeftyd verlaag nie, maar hulle kan ook op hul beurt lei tot laer produktisitweitsvlakke omdat take langer neem as wat nodig is. Dit is waarom die behoorlike instandhouding van paaie regoor landerye noodsaaklik is vir die gladde verloop van landboubedrywighede.

’n Aantal verskillende tipes masjinerie is nodig om effektiewe instandhouding te verseker, insluitend klipverwyderingstoerusting. Klipharke, sowel as klipoptellers, word gebruik om die rotse te versamel en hulle dan te verwyder uit gebiede waar hulle nie verlang word nie. Landboupaaie verskaf noodsaaklike deurgange wat boere help om vinnig en maklik hul pad rondom landerye te vind. Dit is hoekom dit belangrik is dat die paaie geen puin en enige items (soos rotse) bevat wat beweging deur die gebied mag vertraag en die voltooiing van alledaagse take mag verlangsaam nie.