Na-Verkoopsdiens - Radium Engineering

NA-VERKOOPSDIENS

Radium verstaan dat ʼn kwaliteit implement ook behoorlik opgestel moet word. Hul na-verkoopsdiensspan ondersteun hul kliënte en verseker dat die implemente optimaal funksioneer.

Gedurende kritieke tye is ʼn foutiewe implement nie ʼn opsie nie. 85% van al Radium se onderdele is van die rak af beskikbaar en die res sal binne ʼn paar dae afgelewer word. Gespesialiseerde veldtegnikuste en diensagente is altyd op roep om te verseker dat Radium se kliënte produktief bly en altyd die meeste uit hul kwaliteit produkte kry.