Overview Of The Company - Radium Engineering

Die Maatskappy

DIE MAATSKAPPY

Daar word gesê dat boer ʼn beroep van hoop is. Dit is omdat boere een ding vir seker weet – dat mens eintlik niks vir seker kan weet nie. Radium Engineering bied een konstante wat hierdie speelveld van onbekendes gelykmaak: betroubare toerusting – ontwerp deur deskundiges en vervaardig om vir jare foutloos te werk.

Radium se verhaal het in 1965 op ʼn Limpopo-plaas begin toe John Roest ʼn veeskaal gebou het. Die implement was so gewild onder buurplase dat die eenvoudige, effektiewe implement gepatenteer is en vervaardiging begin het. Radium Engineering is offisieel in 1976 gestig, en is tot vandag toe besig om die verskil te maak.

Mike Roest, John Roest se seun, lei nou die Radium-span van meer as 100 opgeleide personeel by hulle perseel in Babelegi, noord van Pretoria. Die derde generasie van die Roest-familie, seuns Gareth en Grant, het ook by hom aangesluit.

Radium Engineering handhaaf ʼn reputasie van kwaliteit, oorspronklike ontwerp en betroubaarheid. D.m.v. ’n aktiewe navorsings- en ontwikkelingsprogram verbreed en verryk Radium deurgaans hul produkreeks.

Radium se sterk begeerte om hul kliënte te verstaan en te ondersteun het ʼn eienaar-tot-eienaar-kultuur gekweek wat vinnige, akkurate besluitneming toelaat. Die gevolg is vinniger verbeterings en ontwikkelings van die Radium-produklyn terwyl daar ʼn noue verbintenis met elke kliënt gehandhaaf word. Hul diensfilosofie word gedryf deur die produktiwiteit en gemoedsrus van hul kliënte in ʼn wisselende ekonomie.

Radium het ’n uitgebreide handelaarsnetwerk in Suid-Afrika en verskaf ook aan belangrike internasionale markte. Die maatskappy skryf hul sukses toe aan dekades van soliede ondervinding, ʼn onblusbare passie vir die bedryf en hoogstaande na-verkoopsdiens

GESKIEDENIS

In 1965 het John Roest ’n veeskaal op sy plaas naby Radium in Limpopo gebou om aan sy spesifieke vereistes te voldoen. Die implement was so gewild onder buurplase dat die eenvoudige, effektiewe implement gepatenteer is en vervaardiging begin het. Dit was so suksesvol, dat dit gelei het tot ʼn besigheid wat toegewyd was aan die behoeftes van plaaslike boere.

Teen 1976 toe Radium Engineering gestig is, is die uitsonderlike kwaliteit, innoverende ontwerp en betroubaarheid van hul implemente goed erken en aanvaar deur die hele landboubedryf.

Onder die leierskap van John se seun, Mike Roest, het Radium Engineering van krag tot krag gegaan en neem nou meer as 100 goed opgeleide personeellede in diens, vir die vervaardiging en bemarking van ’n omvattende reeks gehalte landbou masjinerie deur middel van hul uitgebreide produksie fasiliteite in Babelegi, noord van Pretoria.

’n Aktiewe navorsings- en ontwikkeling program verseker dat Radium produkte aan die voorpunt van huidige tegnologie is, beide in nuwe produkontwerp en in die verdere ontwikkeling van bestaande modelle. Die produksiefasiliteit en die toerusting daarvan word voortdurend opgedateer om op hoogte te bly van die nuutste produksie metodes.

Die derde generasie van die Roest-familie, seuns Gareth en Grant, het nou hul plekke by die Radium-span ingeneem terwyl Radium Engineering aan ’n omvattende handelaarsnetwerk regdeur Suid-Afrika verskaf, sowel as om na buurlande en oorsee uit te voer.

BESTUUR

Radium Engineering word bestuur deur Mike Roest en die Roest familie se derde geslag, seuns Gareth en Grant, het nou hul plekke in die Radium-span ingeneem terwyl Radium Engineering aan boere regdeur Suider-Afrika verskaf.

VISIE

Om die beste verskaffer van sy produkte in die Suider-Afrikaanse landboumark te wees, in terme van

  • Voorkoms (konstruksie, sweiswerk, verfwerk en afwerking)
  • Ontwerp (voorkoms, ergonomie en aantreklikheid)
  • Funksie (doeltreffendheid, gemak van gebruik en instandhouding en langslewendheid)
  • Na-verkoopsdiens

MISSIE

Radium is verbind tot die volgende om sy visie te bereik.

  • Om ’n invloedryke handelsmerk in die Suider-Afrikaanse landboubedryf te bou
  • Om ‘n spesialis in landboutoerusting te wees
  • Om die beste produkte en dienste aan hul kliënte te voorsien
  • Om die tegnologie- en vervaardigingsleier binne die mark wat dit dien te wees
  • Om ‘n markleier te bly deur die boerderypraktyke noukeurig waar te neem en te verstaan
  • Om verbind te wees tot en deurlopend diensreaksie en leweringstye te verbeterpractices

QUALITIES & VEILIGHEID

Radium se implemente is bekend vir hul uitsonderlike kwaliteit, wat die maatskappy handhaaf deur deurgaans hul stelsels en prosesse te hersien.

Radium Engineering weet ook dat hul werknemers hul sleutelbate is. Elke voorsorgmaatreël word geneem om ʼn veilige werksomgewing te verskaf en te verseker dat daar aan relevante gesondheids- veiligheids- en omgewingswetgewing voldoen word.

VERVAARDIGING

’n Deurlopende navorsing- en ontwikkelingsprogram verseker dat Radium produkte aan die voorpunt van huidige tegnologie is, beide in nuwe produkontwerp en in die verdere ontwikkeling van bestaande modelle. Die produksiefasiliteit en die toerusting daarvan word voortdurend opgedateer om op hoogte te bly van die nuutste produksie metodes.