Padonderhoud Archives - Radium Engineering

Padonderhoud

  • AGRI-SKRAPER

    Met hierdie praktiese en veelsydige padskraper is dit maklik om voorbrande te skep, areas gelyk te maak en nuwe paaie te maak. Die Agri-Skraper verg baie min instandhouding om dit in ʼn goeie toestand te hou. Die beheerderstelsel en funksionaliteit is goed deurdink en maak die masjien gebruikersvriendelik en akkuraat wanneer dit die meeste benodig word.

     

    • ’n Belaste lembus voeg gewig aan die lem vir dieper oppervlakpenetrasie terwyl dit die masjien toelaat om sonder moeite in die oppervlak in te sny ongeag die terrein en oppervlaktoestande.
    • Belaste wielarms voeg meer gewig aan die lem tydens die operasie terwyl dit voorsiening maak vir die plasing van addisionele gewig op die een kant van die lem wanneer dit nodig is vir ’n diep sny.
    • Die Perfect Hitch, haakstelsel maak voorsiening vir ’n groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.
    • Die omkeerbare snyrante bestaan uit twee verwisselende snyrande. Dit laat optimale slytasie op die lem toe deurdat dit die snykante van die linkerkant na die regterkantkant kan ruil wanneer die lemhoeke rondgeslyt is en hul vermoë om deur te dring verloor.
    • Die hidroliese optel- en kantelhandeling word deur twee onafhanklik gereguleerde wiele en optel-arms beheer wat die hoek van die lem egalig en moeiteloos tydens werking verander, terwyl dit met beter beheer in ongelyke terreine werk vir ’n perfekte oppervlaksafwerking.
    • ’n Twee-hefboom hidroliese beheerbank laat toe dat die skrapers op trekkers met slegs een hidroliese koppelpunt gebruik kan word. Die beheerbank is aan die kant van die trekker gemonteer waar die operateur dit kan bereik en dit beheer die onafhanklik beheerde wiele om die opheffing en kantelling van die lem te verander.
    • Die meganiese hoekverstelling van die lem stel die hoek van die lem deur ’n reeks van vooraf-bepaalde gate wat die lem teen ’n konstante hoek hou wat verseker dat die lemhoek nie tydens werking skuif nie.
    • Kantelbeweging stel die masjien in staat om weg van die middel van die trekkersbedryfsentrum te werk langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle waar trekkers nie kan verbybeweeg nie.

    Geen inhoud gevind...

    RGR150

    LEMWYDTE (mm)
    3000
    VERVOERWYDTE (mm)
    2121
    LENGTE (mm)
    6933
    VERVOERLENGTE (mm)
    4812
    HOOGTE (mm)
    1050
    GEWIG (kg’s)
    1500
    WIELE
    2 x 7.50 x 16.0
    KOPPELSTUK (kat.)
    Trailed
    LEMHOEK
    45
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    90/67
    Clear
  • DRIEPUNTSKRAPER

    Hierdie instandhoudingspadskraper is gemaak vir ligte werk en koppel direk aan die trekker se 3-punt-skakel. Die basiese ontwerp maak voorsiening dat alle bedrywighede meganies uitgevoer kan word. Die lem kan 360 grade gedraai word om te stoot en grond gelyk te maak.

     

    • ’n Swaarte skaar voeg bykomende gewig op die snyrande en verhoog grondpenetrasie, terwyl dit voorkom dat die masjien rondbeweeg terwyl dit werk.
    • Die meganise lemkanteling pas die lemhoek meganies van links of regs aan, wat maklik ’n kamer skep op die padoppervlak of vir kontoerlyne.
    • Kantelbeweging stel die masjien in staat om weg van die middel van die trekkersbedryfsentrum te werk langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle waar trekkers nie kan verbybeweeg nie.
    • Die 360-grade lemrotering stel die lem op vaste punte vir die vereiste hoek wat die materiaal toelaat om na die verlangde kant van die lem te skuif. Volle lemrotasie laat die lem toe om in die teenoorgestelde rigting te werk om verskillende materiale en gebiede te stoot of gelyk te maak.
    • Die dieptebeheer stel die werksdiepte deur middel van twee-, agter-, en diepte beheerde “skids” en verhoed ook dat te veel materiaal verwyder word.
    • ’n Kategorie I en II driepunt haak laat die operateur toe om malik tussen groter en kleiner trekkers te hak.

    Geen inhoud gevind...

    RGR030

    LEMWYDTE (mm)
    2400
    VERVOERWYDTE (mm)
    2078
    LENGTE (mm)
    984
    VERVOERLENGTE (mm)
    984
    WERKSHOOGTE (mm)
    1130
    GEWIG (kg’s)
    300
    WIELE
    n/a
    KOPPELSTUK (kat.)
    I & II
    LEMHOEK
    30
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    50/38
    Clear
  • KLIPHARK

    Radium Engineering het kragte saamgesnoer met die wêreldbekende Kanadese landboutoerustingsvervaardigers, Schulte, deur hulle swaailemsnyers in te voer en nou ook die Klipopteller en Kliphark.

    Die roterende Kliphark is ontwerp om klein tot medium klippe met gemak te windry, waarna dit die klippe in netjiese eenvormige rye vorm, gereed om deur ’n Klipopteller opgetel te word.  Wortels, stompe, hout stukke en ander puin van die grondskoonmaaksbedrywighede kan ook gewindry word. As ’n ekstra bonus het die Kliphark ’n roterende-bewerkingsaksie wat geneig is om kluite op te breek en die grond gelyk te maak. Die bykomende tandlengte verhoog die kam-aksie van die hark en laat toe dat daar ’n uitstekende windry gevorm word. Landelike munisipaliteite en provinsies gebruik die hark om gruis uit die paaie te herwin, wat die masjien se robuuste konstruksie en duursaamheid bewys.

    Hierdie implement gebruik ’n verstelbareraam wat die operateur toelaat om die grootte van die windry, ongeag die kliptoestande, beter te beheer. Die Kliphark se gepatenteerde bewegende-dromplasing laat die wiele toe om nader aan die windry-drom geplaas te word, wat lei tot uitstekende grondvolgingseienskappe. Krag word voorsien aan die kliphark-drom d.m.v ’n swaar PTO dryflyn wat ‘n koppelaar en breekboutkonfigurasie insluit om teen oormatige skokke te beskerm. Die finale aandrywingsketting is heeltemal ingeslote vir ’n langer dienslewe.

    • Ultra-smal vervoerbreedte laat die boer toe om die windry met gemak van die veld na veld te vervoer.
    • Windry 5-69cm klippe met gemak in netjiese eenvormige ry, terwyl dit ook ’n skoon land skep.
    • Swaar PTO dryflyn sluit ’n glykoppelaar en breekboutplasing in om teen oormatige skokke te beskerm.
    • Ingeslote finale aandrywingsketting sorg vir ’n langer dienslewe.
    • Swaar klipharkdrom is vervaardig uit ’n swaar muur hoë materiaalsterkte staalpyp
    • Harde-oppervlak tande is direk aan die drompyp gesweis, wat lei na die foutelose werking selfs in moeilike omstandighede.
    • Dromspoed is verminder tot 117rpm vanaf ’n 540rpm PTO inset van die trekker.

    Geen inhoud gevind...

    SRW1400

    WERKSWYDTE (mm)
    4270
    HIDROLIESE VEREISTES (l/min)
    25 @ 125 bar
    AANBEVOLE SPOED (k/hr)
    9.5L X 15.0
    WYDTE (mm)
    2360
    LENGTE (mm)
    5970
    VERVOERHOOGTE (mm)
    1250
    GEWIG (kg)
    1588
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    70/52

    SRW800

    WERKSWYDTE (mm)
    2215
    HIDROLIESE VEREISTES (l/min)
    25 @ 125 bar
    WIELE
    16.5/6.5 X 8
    WYDTE (mm)
    2591
    LENGTE (mm)
    1702
    VERVOERHOOGTE (mm)
    1250
    GEWIG (kg)
    613
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    45/34
    Clear
  • KLIPOPTELLER

    Radium Engineering het kragte saamgesnoer met die wêreldbekende Kanadese landboutoerustingsvervaardigers, Schulte, deur hulle swaailemsnyers in te voer en nou ook die  Klipopteller en Kliphark.

    Die Klipopteller versamel die klippe wat gewindry is in ’n vangbak en voer hulle van die land af. Die tandstawe werk met ’n veerpunt – wanneer daar ’n groot klip is, strek die veerpunt om die skok te absorbeer. Die windry versprei rotse van 5cm tot 69cm in deursnit in netjiese rye, wat die tyd wat nodig word om klippe en puin uit die land te verwyder, baie verminder.

    Lande vol klippe is ’n bedreiging vir alle boere – sommige mag dalk selfs voel daar is elke seisoen ’n nuwe oes klippe. Dit skep verwoesting op eg-, oes- en snymasjiene. As gevolg van die stygende koste van hande-arbeid oor die afgelope paar jaar, het meganiese klip-en rots-verwydering ’n kritieke deel van boerdery geword. Dit verhoog die lewensduur van ander implemente asook die produktiwiteit, en help om tyd te bespaar.

    • Ekstra lang sleepstang word van vervoer- tot veldposisie aangepas deur middel van ’n hidroliese silinder en verbeter die optelvermoë deur die laaibak aan die kant van die trekker te plaas om gemakliker te sien hoe die klippe opgetel word.
    • Die vloeibeheerstelsel help om die vingertol spoed te beheer wanneer hidroliese vloei nie op die trekker aangepas kan word nie.
    • Hoë verigting hidroliese motor is met ’n oorkruisingsverligtingsklep verbind wat skokvragte op die vingertol demp
    • Duursame, getapse T-yster sifvingers elimineer verstopping terwyl dit grond sif.
    • Swaardiens tandbalkvere hou die tandbalke stewig in plek en verdemp skokke.
    • Swaar bande verskaf bostaande flottasie en dra weerstand.
    • Vingertol met ’n hoë uitskopklaring lewer uitstekende verrigting prestasie om alle rotsgroottes van 5 tot 69cm in deursnit te versamel as gevolg van die drie-tandbalktol ontwerp.
    • Vangbak met sifbodems laat toe dat die grond uit die klippe gesif word en na die lande teruggekeer word.
    • Swaar sifvingers en vingertol is versterk met 450 staal en vervangbare siftande.

    Geen inhoud gevind...

    SPR2500

    WERKSWYDTE (mm)
    1524
    VANGBAKGROOTTE (mᶟ)
    1,9
    HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
    55 @ 125 bar
    STORT HOOGTE (mm)
    1245
    AANBEVOLE DROMSPOED
    36
    WIELE
    16.0L X 16.1
    WYDTE (mm)
    2896
    LENGTE (mm)
    5207
    VERVOERHOOGTE (mm)
    1245
    GEWIG (kg)
    2795
    TREKKER HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
    85/63

    SPR8000

    WERKSWYDTE (mm)
    1524
    VANGBAKGROOTTE (mᶟ)
    2.29
    HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
    25 @ 125 bar
    STORT HOOGTE (mm)
    2438
    AANBEVOLE DROMSPOED
    36
    WIELE
    16.5L X 16.1
    WYDTE (mm)
    2921
    LENGTE (mm)
    5816
    VERVOERHOOGTE (mm)
    2438
    GEWIG (kg)
    2929
    TREKKER HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
    85/63
    Clear
  • UNI-SKRAPER

    Met hierdie praktiese en veelsydige padskraper is dit maklik om voorbrande te skep, areas gelyk te maak en nuwe paaie te maak. Die Uni-Skrapers verg baie min instandhouding om dit in ʼn goeie toestand te hou. Die beheerderstelsel en funksionaliteit is goed deurdink en maak die masjien gebruikersvriendelik en akkuraat wanneer dit die meeste benodig word.

    • ’n Belaste lembus voeg gewig aan die lem vir dieper oppervlakpenetrasie terwyl dit die masjien toelaat om sonder moeite in die oppervlak in te sny ongeag die terrein en oppervlaktoestande.
    • Belaste wielarms voeg meer gewig aan die lem tydens die operasie terwyl dit voorsiening maak vir die plasing van addisionele gewig op die een kant van die lem wanneer dit nodig is vir ’n diep sny.
    • Die Perfect Hitch, haakstelsel maak voorsiening vir ’n groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.
    • Die omkeerbare snyrante bestaan uit twee verwisselende snyrande. Dit laat optimale slytasie op die lem toe deurdat dit die snykante van die linkerkant na die regterkantkant kan ruil wanneer die lemhoeke rondgeslyt is en hul vermoë om deur te dring verloor.
    • Die hidroliese optel- en kantelhandeling word deur twee onafhanklik gereguleerde wiele en optel-arms beheer wat die hoek van die lem egalig en moeiteloos tydens werking verander, terwyl dit met beter beheer in ongelyke terreine werk vir ’n perfekte oppervlaksafwerking.
    • ’n Twee-hefboom hidroliese beheerbank laat toe dat die skrapers op trekkers met slegs een hidroliese koppelpunt gebruik kan word. Die beheerbank is aan die kant van die trekker gemonteer waar die operateur dit kan bereik en dit beheer die onafhanklik beheerde wiele om die opheffing en kantelling van die lem te verander.
    • Die meganiese hoekverstelling van die lem stel die hoek van die lem deur ’n reeks van vooraf-bepaalde gate wat die lem teen ’n konstante hoek hou wat verseker dat die lemhoek nie tydens werking skuif nie.
    • Kantelbeweging stel die masjien in staat om weg van die middel van die trekkersbedryfsentrum te werk langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle waar trekkers nie kan verbybeweeg nie.

    Geen inhoud gevind...

    RGR100

    LEMWYDTE (mm)
    2400
    VERVOERWYDTE (mm)
    1697
    LENGTE (mm)
    5839
    VERVOERLENGTE (mm)
    4092
    HOOGTE (mm)
    992
    GEWIG (kg’s)
    1000
    WIELE
    2 x 6.00 x 16.0
    KOPPELSTUK (kat.)
    Trailed
    LEMHOEK
    45
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    70/52
    Clear
  • UNIVERSELE SKRAPER

    Die Universele Skraper is vandag by verre die mees veelsydige en praktiese gesleepte padskraper op die mark. Al hierdie padskraper se bedrywighede word uitgevoer vanaf ʼn veilige, gemaklike operateursitplek op die padskraper self. Met ʼn 360 grade uitsig en ʼn vinnige-reaksie-beheerstelsel kan die operateur vinnig en doeltreffend op die terrein reageer. Sonder die ekstra spanning van die spoed- en rigtingbeheer, kan die operateur op die skep van die perfekte padoppervlakte fokus.

    • Die vyf-hefboom beheerstelsel hidroliese beheerbank gebruik die trekker se hidroliese voorraad om al die bedrywighede van die skraper uit te voer en is bo-op die skraper geplaas waar maklik bereikbaar is vir die operateur.
    • Die hidroliese optel- en kantelhandeling word deur twee onafhanklik gereguleerde wiele en optel-arms beheer wat die hoek van die lem egalig en moeiteloos tydens werking verander, terwyl dit met beter beheer in ongelyke terreine werk vir ’n perfekte oppervlaksafwerking.
    • Die hidroliese hoekverstelling van die lem stel die lemhoek hidrolies enige tyd tydens werking, wat die die hoek verander om bystand te lewer met dieper snywerk en groter vragverwydering.
    • Die hidroliese stuur help om in ’n snybeweging te stuur wanneer die lem in ’n spesifieke rigting wil beweeg en maak voorsiening vir kantellemposisies om langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle te werk waar trekkers nie kan beweeg nie. Dit laat die operateur toe om ’n konstante reguit lyn handhaaf, selfs as die trekkerbestuurder effens van koers afwyk.
    • ‘n Belaste lembus voeg gewig aan die lem vir dieper oppervlakpenetrasie terwyl dit die masjien toelaat om sonder moeite in die oppervlak in te sny ongeag die terrein en oppervlaktoestande.
    • Belaste wielarms voeg meer gewig aan die lemtydens die operasie terwyl dit voorsiening maak vir die plasing van addisionele gewig op die een kant van die lem wanneer dit nodig is vir ’n diep sny.
    • Die omkeerbare snyrante bestaan uit twee verwisselende snyrande. Dit laat optimale slytasie op die lem toe deurdat dit die snykante van die linkerkant na die regterkantkant kan ruil wanneer die lemhoeke rondgeslyt is en hul vermoë om deur te dring verloor.
    • Die vyf-tand skeurploeg is aan die voorkant van die lem langs die trekstang geplaas en word deur middel van hidroliese silinders vanaf die operateursitplek beheer wat die skeurploeg toelaat om te sak en op te lig soos benodig. Hierdie breek op sy tyd harde grond of gekompakteerde materiaal op wat die lem nie self kan verwyder nie. Die tande het ook diepte-beheerde-aanpassings om by alle toestande aan te pas.
    • Die Perfect Hitch, haakstelsel maak voorsiening vir ’n groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.
    • Die operateur se veiligheidsitplek is toegerus met veiligheidsgordels en armleunings om operateursveiligheid te verseker en is strategies geplaas sodat die operateur gemaklik toegang tot die die beheerstelsel kan hê.

    Geen inhoud gevind...

    RGR250

    LEMWYDTE (mm)
    3000
    VERVOERWYDTE (mm)
    2121
    LENGTE (mm)
    7750
    VERVOERLENGTE (mm)
    5630
    WERKSHOOGTE (mm)
    1457
    GEWIG (kg’s)
    2500
    WIELE
    2 x 7.50 x 16.0
    KOPPELSTUK (kat.)
    Trailed
    LEMHOEK
    Variable
    AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
    100/82
    Clear