Suid-Afrika se Geheime Uitvoerprodukte

Die eerste dinge wat in jou gedagtes opkom wanneer Suid-Afrikaanse uitvoere genoem word is minerale hulpbronne, soos goud en diamante. Suid-Afrika het inderdaad die grootste reserwes Mangaan en Platinum ter wêreld, maar wat anders voer hierdie oorvloedige verskaffer uit?

Natuurlike Uitvoerprodukte

Mielies

maize production in south africa

Mielies is een van Suid-Afrika se belangrikste kontantgewasse. Dit word beskou as ’n stapelvoedselproduk vir baie lae-inkomste families in die land, en help ook die veebedryf deur ‘n basis te verkaf vir bekostigbare, natuurlike voere.

Suiker

quality sugars

Suid-Afrika produseer gemiddeld 18.8 miljoen ton suiker per jaar, en het homself as een van die wêreld se mees koste-mededingende produsente van hoë-gehalte suiker geposisioneer. Dit is dus geen wonder dat ons bekend is vir ons nasionale “soettand” nie.

Protea-blomme

Protea flower

Die Koningsprotea is nie net Suid-Afrika se nationale blom nie, maar die genus is ook endemies en inheems aan die land. Die hoogs unieke Protea word beskou as ’n hoogs gesogte wêrelduitvoerproduk, en meer as die helfte van die wêreld se gesnyde Protea-blomme kom uit Suid-Afrikaanse bodem.

Vars vrugte

south african fruit exporters

Suid-Afrika spog met ’n ideale klimaat vir boerdery en landbou. Vars vrugte-uitvoere beslaan ook ’n massiewe deel van die Suid -Afrikaanse uitvoerbedryf, insluitend druiwe, sitrusvrugte, appels, pere, avokado’s, nektariens en kwepers. Suid-Afrika se uitvoerbedryf steun swaar op boerderytoerusting, insluitend grondbewerkers, tandploeë, strooiers en ander landbou-masjinerie – wat almal bydra tot die landboubedryf se uitvoersukses.

Rooibos

Rooibos tea

Suid-Afrikaners verbruik net sowat 4500 tot 5000 ton rooibostee per jaar, uit die 12 000 metrieke ton wat geproduseer word. Die res word oor regoor die hele wêreld uitgevoer, waarvan Japan die grootste verbruikersland is.

Natuurlike minerale

minerals in south africa

Suid-Afrika is nie net die derde grootste steenkooluitvoerder in die wêreld nie, maar ook die tweede grootste produsent van goud, ilmeniet, palladium, rutiel en sirkonium. Die titel vir die wêreld se grootste produsent van chroom, mangaan, platinum, vanadium en vermikuliet gaan ook aan Suid-Afrika.

Vervaardigde Uitvoerprodukte

Geraffineerde petroleum produkte

petroleum products

Suid-Afrika se petrochemiese bedryf vorm opsigself byna 5% van binnelandse produk, en ook 25% van die vervaardigingsverkope, volgens EngineeringNews.co.za. Die petrochemiese bedryf sluit die vervaardiging van oplosmiddels, skoonmaakhulpmiddels, vloeibare brandstof en ander chemiese, petroleum-gebaseerde verbindings in.

Fizzers

South African Fizzers

Hierdie sagte, gegeurde lekkergoed is so Suid-Afrikaanse as wat dit kom – dit wissel van aarbei tot cream soda, Oros en bluebuzz, en gee ’n soet, bruisende smaak wanneer die toffie-agtige tekstuur afgebyt word. Suid-Afrikaners woonagtig regoor die wêreld is waarskynlik die rede waarom dit een van die land se mees suksesvolste uitvoere is – jy kan net nie genoeg kry nie.

Marmite

Marmite South Africa

Gisaftreksel, ’n byproduk van bierbrouery, word gebruik om hierdie taai, bruin smeersel te vervaardig. Dit is geliefd (of gehaat) deur die wêreld wat dit ken as ’n “Britse” produk, alhoewel die meeste van die wêreld se Marmite tegnies uit Suid-Afrika kom, as ’n gevolg van die land se florerende bierbedryf.

Om meer oor Suid-Afrika se landbou en nywerheid te lees, besoek Suid-Afrika se voorste verskaffer van landbou-implemente by Radium.co.za.

Beeldbronne:
Shutterstock.com
Biltongstmarcus.co.uk