Hoe aardverwarming die aangesig van Suid-Afrikaanse boerdery gaan verander

img3

“Aardverwarming” of “klimaatsverandering” is terme wat al hoe meer dikwels opkom soos wat die wêreld aanhou om verskeie verskuiwings in weerstoestande, sowel as natuurrampe soos die smelt van die poolyskappe, te beleef. Aardverwarming verwys basies na die styging van die planeet se algehele temperatuur wat hoofsaaklik veroorsaak word deur die verhoogde hoeveelheid kweekhuisgasse (KHGe) in die atmosfeer – iets waarvoor die mens verantwoordelik is. Kortom, hoe hoër die hoeveelheid KHGe, hoe warmer raak die planeet. Dit sal natuurlik ‘n verskeidenheid effekte op verskillende aspekte van die lewe hê, naamlik boerdery, waarvan die meeste negatief sal wees. Ons kyk van nader hoe aardverwarming die aangesig van boerdery gaan verander, spesifiek in Suid-Afrika.

Verdere Agtergrond

Soos reeds genoem, is aardverwarming die nagevolg van ’n verhoogde hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer. KHGe is ‘n verskeidenheid natuurlike atmosferiese gasse wat ’n belangrike rol in die voortbestaan van die lewe op aarde speel deur die son se hitte op ons planeet vas te vang. Oor die jare het menslike aksies soos die brand van fossielbrandstowwe, asook toenemende industrialisering, gelei tot die stygende hoeveelhede KHGe. Koolstofdioksied en waterdamp is die belangrikste gasse, maar dit is die koolstofdioksied wat vrygestel word wanneer fossielbrandstowwe (steenkool en olie) verbrand word vir energie, wat blyk die wêreld se klimaat die negatiefste affekteer. Hoe meer KHGe daar in die atmosfeer is, hoe meer hitte word behou, wat veroorsaak dat die planeet warmer raak. In die verlede het dramatiese en skielike veranderinge in die temperatuursamestelling van die wêreld tot katastrofiese uitwissingsgebeure gelei, soos die uitsterf van die dinosourusse. Baie spesies is nie in staat om vinnig genoeg by die vinnige veranderinge aan te pas nie en verdwyn as ‘n gevolg.

Indien die hoeveelheid KHGe aanhou styg soos wat fossielbrandstowwe aanhou verbrand word, en ontbossing voortduur (dit beïnvloed ook klimaatsverandering), word dit voorspel dat Suid-Afrikaanse kusstreke se temperature sal styg met 3-4 ̊C teen die jaar 2100, terwyl die binneland met 6-7 ̊C sal verhoog. Die resultaat: ‘n baie warmer en droër Suid-Afrika (in die meeste dele).

So dit beteken dat water die meeste beïnvloed word

img3

’n Warmer, droër Suid-Afrika sal beduidende veranderinge in reënvalpatrone en -tye, asook verdampingsvlakke, beleef. Verhoogde waterverdamping sal plaasvind soos wat die temperatuur aanhou styg, wat sal lei tot die beskikbaarheid van uitgeputte hoeveelhede water en die ontwikkeling van droogte. Teen die 2080s kan die jaarlikse reënval in Suider-Afrika met tot 30% verminder. Grond word ook sout gelaat na langdurige verdamping, wat die hoeveelheid plantegroei beperk wat op daardie spesifieke plek kan plaasvind. Ander gebiede kan ’n toename in reënval ervaar (as gevolg van die hoë vlakke verdamping), iets wat kan lei tot kitsvloede en op sy beurt, die vernietiging van voorheen bewerkbare land. As gevolg van die belangrike rol wat water in boerdery en landbou speel, is dit maklik om te sien dat die manier waarop dit deur aardverwarming geraak word, sekerlik ’n domino-effek kan veroorsaak op die ander elemente wat daarvan afhanklik is.

Wat beteken dit dan vir boerdery?

Daar is ’n aantal ongunstige gevolge wat ’n gebrek aan water op die Suid-Afrikaanse landboubedryf sal hê:

’n Toename in droë land

Vir grond om bewerkbaar te wees, is dit nodig om ’n sekere hoeveelheid hidrasie te ontvang – sonder voldoende water, word grond wat eens bewerkbaar was droog en kan nie groei ondersteun nie.

Laer gewasopbrengs

Die meeste gewasse (mielies, koring, ens) wat deur boere geplant word, is sensitief vir hoë temperature, wat veroorsaak dat baie van hulle oor tyd verminder. Dit is benewens die feit dat die land self besig is om minder bewerkbaar te word, wat uiteindelik daartoe lei dat minder gewasse in staat is om van die begin af te groei. Dit word voorspel dat die per capita graanproduksie in Suid-Afrika teen 2050 10% laer sal wees as wat dit was in die jaar 2000 was.

img3

Toename in onvolhoubare boerdery

Soos wat produktiwiteit van gewasse aanhou verminder, so sal boere onder druk wees om land te probeer bewerk wat in werklikheid nie geskik is vir boerdery nie. Hierdie kan dan op sy beurt lei tot onvolhoubare boerdery, iets wat potensieel skadelik kan wees tot die biodiversiteit van die omgewing. Die toenemende hitte sal byvoorbeeld sorg vir verhoogde waterbehoeftes vir vee, en sal uiteindelik lei tot oorbeweiding naby waterpunte. Oorbeweiding kan lei tot die agteruitgang van grond en die bedreiging van biodiversiteit.

Buite die grense van boerdery

’n Laer gewasopbrengs kan dan ’n sosio-ekonomiese impak op sekere gemeenskappe hê:

Kleinskaalse boere sal waarskynlik die nadeligste geraak word deur aardverwarming aangesien hulle die kwesbaarste is wanneer dit by gewastekorte kom. Boerdery is hul lewensbestaan en swak oesopbrengste kan tot verdere armoede lei.

Voedselsekuriteit (veral vir diegene in landelike gebiede) kan bedreig word, en kan dan meer mense en vee honger laat, wat waarskynlik van wanvoeding en siekte sal sterf.

Die uitvoerbedryf kan baie deur lae gewasproduktiwiteit beïnvloed word, en vrugte en wyn sal minder geredelik beskikbaar wees om na ander lande te stuur. Dit kan ’n negatiewe impak op die land se ekonomie hê.

Aardverwarming lyk na ’n onvermydelikheid wat nie net Suid-Afrikaners in die gesig staar nie, maar mense regoor die wêreld. Tensy kweekhuisgasvrystellings drasties verminder word, sal die aarde se temperatuur aanhou styg, met ernstige gevolge op die landboubedryf en in wese ook op die lewensbestaan van mense. Meer volhoubare boerdery metodes en produkte moet aangeneem word, asook die bevordering van die idee om meer gewasse te ontwikkel wat hoë temperature beter kan verdra. Aardverwarming is ’n ware bedreiging vir Suid-Afrika se landbou-industrie en nie een wat onderskat moet word nie.

Bronne:
http://www.enviropaedia.com
http://www.cop17durban.com/
http://www.one.org

Beeldbronne:
http://www.iop.org
http://www.thehindubusinessline.com

http://jagfoundation.org.za/donate/