Agri-Grader (3)

AGRI-SKRAPER

Met hierdie praktiese en veelsydige padskraper is dit maklik om voorbrande te skep, areas gelyk te maak en nuwe paaie te maak. Die Agri-Skraper verg baie min instandhouding om dit in ʼn goeie toestand te hou. Die beheerderstelsel en funksionaliteit is goed deurdink en maak die masjien gebruikersvriendelik en akkuraat wanneer dit die meeste benodig word.

 

  • ’n Belaste lembus voeg gewig aan die lem vir dieper oppervlakpenetrasie terwyl dit die masjien toelaat om sonder moeite in die oppervlak in te sny ongeag die terrein en oppervlaktoestande.
  • Belaste wielarms voeg meer gewig aan die lem tydens die operasie terwyl dit voorsiening maak vir die plasing van addisionele gewig op die een kant van die lem wanneer dit nodig is vir ’n diep sny.
  • Die Perfect Hitch, haakstelsel maak voorsiening vir ’n groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.
  • Die omkeerbare snyrante bestaan uit twee verwisselende snyrande. Dit laat optimale slytasie op die lem toe deurdat dit die snykante van die linkerkant na die regterkantkant kan ruil wanneer die lemhoeke rondgeslyt is en hul vermoë om deur te dring verloor.
  • Die hidroliese optel- en kantelhandeling word deur twee onafhanklik gereguleerde wiele en optel-arms beheer wat die hoek van die lem egalig en moeiteloos tydens werking verander, terwyl dit met beter beheer in ongelyke terreine werk vir ’n perfekte oppervlaksafwerking.
  • ’n Twee-hefboom hidroliese beheerbank laat toe dat die skrapers op trekkers met slegs een hidroliese koppelpunt gebruik kan word. Die beheerbank is aan die kant van die trekker gemonteer waar die operateur dit kan bereik en dit beheer die onafhanklik beheerde wiele om die opheffing en kantelling van die lem te verander.
  • Die meganiese hoekverstelling van die lem stel die hoek van die lem deur ’n reeks van vooraf-bepaalde gate wat die lem teen ’n konstante hoek hou wat verseker dat die lemhoek nie tydens werking skuif nie.
  • Kantelbeweging stel die masjien in staat om weg van die middel van die trekkersbedryfsentrum te werk langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle waar trekkers nie kan verbybeweeg nie.

Geen inhoud gevind...

RGR150

LEMWYDTE (mm)
3000
VERVOERWYDTE (mm)
2121
LENGTE (mm)
6933
VERVOERLENGTE (mm)
4812
HOOGTE (mm)
1050
GEWIG (kg’s)
1500
WIELE
2 x 7.50 x 16.0
KOPPELSTUK (kat.)
Trailed
LEMHOEK
45
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
90/67
Clear