Die CompacSpread is vervaardig om meer delikaat te werk en is dus die perfekte oplossing vir boorde en wingerde. Die afmetings is verklein en die ontwerp meer kompak gemaak sodat hierdie veelsydige masjien gemaklik tussen wingerde en bome kan beweeg. Strooi jou keuse van materiaal deur jou boord of wingerd, of versprei dit egalig en akkuraat onder die laer lower waar dit die nodigste is.