KLIPHARK

Radium Engineering het kragte saamgesnoer met die wêreldbekende Kanadese landboutoerustingsvervaardigers, Schulte, deur hulle swaailemsnyers in te voer en nou ook die Klipopteller en Kliphark.

Die roterende Kliphark is ontwerp om klein tot medium klippe met gemak te windry, waarna dit die klippe in netjiese eenvormige rye vorm, gereed om deur ’n Klipopteller opgetel te word.  Wortels, stompe, hout stukke en ander puin van die grondskoonmaaksbedrywighede kan ook gewindry word. As ’n ekstra bonus het die Kliphark ’n roterende-bewerkingsaksie wat geneig is om kluite op te breek en die grond gelyk te maak. Die bykomende tandlengte verhoog die kam-aksie van die hark en laat toe dat daar ’n uitstekende windry gevorm word. Landelike munisipaliteite en provinsies gebruik die hark om gruis uit die paaie te herwin, wat die masjien se robuuste konstruksie en duursaamheid bewys.

Hierdie implement gebruik ’n verstelbareraam wat die operateur toelaat om die grootte van die windry, ongeag die kliptoestande, beter te beheer. Die Kliphark se gepatenteerde bewegende-dromplasing laat die wiele toe om nader aan die windry-drom geplaas te word, wat lei tot uitstekende grondvolgingseienskappe. Krag word voorsien aan die kliphark-drom d.m.v ’n swaar PTO dryflyn wat ‘n koppelaar en breekboutkonfigurasie insluit om teen oormatige skokke te beskerm. Die finale aandrywingsketting is heeltemal ingeslote vir ’n langer dienslewe.

  • Ultra-smal vervoerbreedte laat die boer toe om die windry met gemak van die veld na veld te vervoer.
  • Windry 5-69cm klippe met gemak in netjiese eenvormige ry, terwyl dit ook ’n skoon land skep.
  • Swaar PTO dryflyn sluit ’n glykoppelaar en breekboutplasing in om teen oormatige skokke te beskerm.
  • Ingeslote finale aandrywingsketting sorg vir ’n langer dienslewe.
  • Swaar klipharkdrom is vervaardig uit ’n swaar muur hoë materiaalsterkte staalpyp
  • Harde-oppervlak tande is direk aan die drompyp gesweis, wat lei na die foutelose werking selfs in moeilike omstandighede.
  • Dromspoed is verminder tot 117rpm vanaf ’n 540rpm PTO inset van die trekker.

Geen inhoud gevind...

SRW1400

WERKSWYDTE (mm)
4270
HIDROLIESE VEREISTES (l/min)
25 @ 125 bar
AANBEVOLE SPOED (k/hr)
9.5L X 15.0
WYDTE (mm)
2360
LENGTE (mm)
5970
VERVOERHOOGTE (mm)
1250
GEWIG (kg)
1588
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
70/52

SRW800

WERKSWYDTE (mm)
2215
HIDROLIESE VEREISTES (l/min)
25 @ 125 bar
WIELE
16.5/6.5 X 8
WYDTE (mm)
2591
LENGTE (mm)
1702
VERVOERHOOGTE (mm)
1250
GEWIG (kg)
613
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
45/34