KLIPOPTELLER

Radium Engineering het kragte saamgesnoer met die wêreldbekende Kanadese landboutoerustingsvervaardigers, Schulte, deur hulle swaailemsnyers in te voer en nou ook die  Klipopteller en Kliphark.

Die Klipopteller versamel die klippe wat gewindry is in ’n vangbak en voer hulle van die land af. Die tandstawe werk met ’n veerpunt – wanneer daar ’n groot klip is, strek die veerpunt om die skok te absorbeer. Die windry versprei rotse van 5cm tot 69cm in deursnit in netjiese rye, wat die tyd wat nodig word om klippe en puin uit die land te verwyder, baie verminder.

Lande vol klippe is ’n bedreiging vir alle boere – sommige mag dalk selfs voel daar is elke seisoen ’n nuwe oes klippe. Dit skep verwoesting op eg-, oes- en snymasjiene. As gevolg van die stygende koste van hande-arbeid oor die afgelope paar jaar, het meganiese klip-en rots-verwydering ’n kritieke deel van boerdery geword. Dit verhoog die lewensduur van ander implemente asook die produktiwiteit, en help om tyd te bespaar.

  • Ekstra lang sleepstang word van vervoer- tot veldposisie aangepas deur middel van ’n hidroliese silinder en verbeter die optelvermoë deur die laaibak aan die kant van die trekker te plaas om gemakliker te sien hoe die klippe opgetel word.
  • Die vloeibeheerstelsel help om die vingertol spoed te beheer wanneer hidroliese vloei nie op die trekker aangepas kan word nie.
  • Hoë verigting hidroliese motor is met ’n oorkruisingsverligtingsklep verbind wat skokvragte op die vingertol demp
  • Duursame, getapse T-yster sifvingers elimineer verstopping terwyl dit grond sif.
  • Swaardiens tandbalkvere hou die tandbalke stewig in plek en verdemp skokke.
  • Swaar bande verskaf bostaande flottasie en dra weerstand.
  • Vingertol met ’n hoë uitskopklaring lewer uitstekende verrigting prestasie om alle rotsgroottes van 5 tot 69cm in deursnit te versamel as gevolg van die drie-tandbalktol ontwerp.
  • Vangbak met sifbodems laat toe dat die grond uit die klippe gesif word en na die lande teruggekeer word.
  • Swaar sifvingers en vingertol is versterk met 450 staal en vervangbare siftande.

Geen inhoud gevind...

SPR2500

WERKSWYDTE (mm)
1524
VANGBAKGROOTTE (mᶟ)
1,9
HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
55 @ 125 bar
STORT HOOGTE (mm)
1245
AANBEVOLE DROMSPOED
36
WIELE
16.0L X 16.1
WYDTE (mm)
2896
LENGTE (mm)
5207
VERVOERHOOGTE (mm)
1245
GEWIG (kg)
2795
TREKKER HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
85/63

SPR8000

WERKSWYDTE (mm)
1524
VANGBAKGROOTTE (mᶟ)
2.29
HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
25 @ 125 bar
STORT HOOGTE (mm)
2438
AANBEVOLE DROMSPOED
36
WIELE
16.5L X 16.1
WYDTE (mm)
2921
LENGTE (mm)
5816
VERVOERHOOGTE (mm)
2438
GEWIG (kg)
2929
TREKKER HIDROLIESE VEREISTE (k/hr)
85/63