14_6 Row Dual Line Ripper

TWEETAND-SKEURPLOEË

Radium Engineering het die behoefte vir diep grondbewerkingstoepassings in spoorverkeer in sekere dele van Suid -Afrika raakgesien. In samewerking met die voormalige Landboutegniese Dienste, het Radium begin met ʼn navorsing- en ontwikkelingsveldtog. Die aanvanklike toetse het getoon dat diep skeurploegwerk in spesifieke grond tipes, soos sanderige grond, onvoorsiene komplikasies veroorsaak. Waar tande dieper as 500mm penetreer, kan ʼn verdigtingslaag van die onderkant boontoe vorm. Die gevolg is ʼn ‘tonneleffek’ diep onder die oppervlak wat uiteindelik tot nog groter verdigting sal lei.

Na ʼn hele paar eksperimente is die Tweetand-skeurploeg gebore. Die idee was om twee of drie tande direk agter mekaar te laat beweeg. Elke tand bewerk dan slegs 300mm van die grond. Die plasing van die tande was uiters belangrik om elkeen toe te laat om in die vakuum wat voor dit geskep word te werk. Die verkeerde plasing vereis dubbel die hoeveelheid werk en verhoog energie vereistes en uiteindelik kostes drasties.

Radium het die korrekte kombinasie van skare, hul volgorde en grootte bepaal, en gevind dat die trekvereistes aansienlik verminder het. Radium se nuwe ontwerp gebruik 40% minder energie en die gevolg was ʼn ideale wortelsone van tot 1000mm diep, sonder enige syverdigting. Die Tweetand-skeurploeg skakel aanpakking rondom en onder die dieper-werkende skare uit, sodat water en wortels dieper onder die oppervlak kan indring vir verbeterde en meer bestendige groei.

  • ʼn Stewige raamkonstruksie van hoë-graad vierkantige en reghoekige staalpyp wat versterk is met staalplate, verseker dat wringkrag en spanning eweredig oor die raam versprei word.
  • Veranderbare ry-spasiëring, volgens die planter of die rywydtes van die gewasse, laat die masjien en die planter toe om in dieselfde sone te werk.
  • Verharde busse op die tandklamp voorkom verlenging waar die skaarboute en draaiboute aangeheg is wat verseker dat die skeerhoek konstant en getrou bly.
  • ʼn Derde tand van 1200mm kan agter die voorste twee tande bygevoeg word vir ʼn ekstra werksdiepte van tot 1000mm.
  • ʼn Twee-arm koutermontering met ʼn 485mm snyskyf voor elke skag sny deur swaar materiaal om verpakking onder die tande te voorkom. ʼn Verstelbare werksdiepte en penetrasiedruk laat die masjien toe om ʼn paar grade te skuif om rotse en ander skadelike struikelblokke te vermy.
  • Rytoemakers volg elke tand om enige vore toe te maak wat deur die bewerkingsbedrywighede agtergelaat is. Dit bou die grond op om te vergoed vir oorskikking na die reëns en verseker ʼn eweredige en gelyke saadbed.
  • Individuele rollers werk slegs op die bewerkingssone en verseker ʼn gelyke en gladde saadbed vir die planter.
  • Varkoor merkers word agter die masjien geplaas om lei vore te maak. Die wiele van die planttrekker loop in hierdie vore as ‘n vorm van leiding.
  • Hidroliese merkers kan aan die kant van die masjien geplaas word om die volgende lyn te merk wat die trekker moet volg om simmetriese rye te verseker.

RDT012

TANDE
1
TANDSPASIËRING (mm)
N/A
DIEPTEBEHEERWIELE
2 X 6.00 X 16.0
KOPPELSTUK (kat.)
II
WYDTE (mm)
1648
LENGTE (mm)
1914
*MET ROLLER (mm)
3065
**WITH COULTERS & ROLLER (mm)
3225
HOOGTE (mm)
1925
GEWIG (kg)
426
*MET ROLLERS (kg)
498
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
531
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
577
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
90/65

RDT022

TANDE
2
TANDSPASIËRING (mm)
1800
DIEPTEBEHEERWIELE
2 X 7.50 X 16.0
KOPPELSTUK (kat.)
II
WYDTE (mm)
2903
LENGTE (mm)
1914
*MET ROLLER (mm)
3065
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
3225
HOOGTE (mm)
1925
GEWIG (kg)
1043
*MET ROLLERS (kg)
1187
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
1253
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
1345
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
180/135

RDT032

TANDE
3
TANDSPASIËRING (mm)
1500
DIEPTEBEHEERWIELE
2 X 7.50 X 16.0
KOPPELSTUK (kat.)
III
WYDTE (mm)
3644
LENGTE (mm)
1914
*MET ROLLER (mm)
3065
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
3225
HOOGTE (mm)
1598
GEWIG (kg)
1652
*MET ROLLERS (kg)
1868
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
1967
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
2105
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
260/195

RDT042

TANDE
4
TANDSPASIËRING (mm)
910-1300
DIEPTEBEHEERWIELE
2 X 400/60-15.5
KOPPELSTUK (kat.)
IV NARROW
WYDTE (mm)
3944
LENGTE (mm)
2641
*MET ROLLER (mm)
3791
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
3951
HOOGTE (mm)
1755
GEWIG (kg)
1895
*MET ROLLERS (kg)
2183
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
2315
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
2499
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
350/260

RDT052

TANDE
5
TANDSPASIËRING (mm)
1500
DIEPTEBEHEERWIELE
4 X 400/60-15.5
KOPPELSTUK (kat.)
IV NARROW
WYDTE (mm)
6916
LENGTE (mm)
3141
*MET ROLLER (mm)
4292
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
4452
HOOGTE (mm)
1975
GEWIG (kg)
2361
*MET ROLLERS (kg)
2721
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
2886
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
3116
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
435/325

RDT062

TANDE
6
TANDSPASIËRING (mm)
910-1300
DIEPTEBEHEERWIELE
4 X 400/60-15.5
KOPPELSTUK (kat.)
IV NARROW
WYDTE (mm)
5944
LENGTE (mm)
3141
*MET ROLLER (mm)
4292
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
4452
HOOGTE (mm)
1719
GEWIG (kg)
2834
*MET ROLLERS (kg)
3266
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
3464
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
3740
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
500/375

RDT082

TANDE
8
TANDSPASIËRING (mm)
910-1300
DIEPTEBEHEERWIELE
4 X 400/60-15.5
KOPPELSTUK (kat.)
IV
WYDTE (mm)
9030
LENGTE (mm)
3141
*MET ROLLER (mm)
4292
**MET KOUTERS & ROLLER (mm)
4452
HOOGTE (mm)
1597
GEWIG (kg)
3778
*MET ROLLERS (kg)
4354
**MET KOUTERS & ROLLERS (kg)
4513
MET KOUTERS, ROLLERS & RYTOEMAKERS (kg)
4986
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
600/450
Clear