UNIVERSELE SKRAPER

Die Universele Skraper is vandag by verre die mees veelsydige en praktiese gesleepte padskraper op die mark. Al hierdie padskraper se bedrywighede word uitgevoer vanaf ʼn veilige, gemaklike operateursitplek op die padskraper self. Met ʼn 360 grade uitsig en ʼn vinnige-reaksie-beheerstelsel kan die operateur vinnig en doeltreffend op die terrein reageer. Sonder die ekstra spanning van die spoed- en rigtingbeheer, kan die operateur op die skep van die perfekte padoppervlakte fokus.

  • Die vyf-hefboom beheerstelsel hidroliese beheerbank gebruik die trekker se hidroliese voorraad om al die bedrywighede van die skraper uit te voer en is bo-op die skraper geplaas waar maklik bereikbaar is vir die operateur.
  • Die hidroliese optel- en kantelhandeling word deur twee onafhanklik gereguleerde wiele en optel-arms beheer wat die hoek van die lem egalig en moeiteloos tydens werking verander, terwyl dit met beter beheer in ongelyke terreine werk vir ’n perfekte oppervlaksafwerking.
  • Die hidroliese hoekverstelling van die lem stel die lemhoek hidrolies enige tyd tydens werking, wat die die hoek verander om bystand te lewer met dieper snywerk en groter vragverwydering.
  • Die hidroliese stuur help om in ’n snybeweging te stuur wanneer die lem in ’n spesifieke rigting wil beweeg en maak voorsiening vir kantellemposisies om langs heiningslyne of onder laagliggende takke en langs steil walle te werk waar trekkers nie kan beweeg nie. Dit laat die operateur toe om ’n konstante reguit lyn handhaaf, selfs as die trekkerbestuurder effens van koers afwyk.
  • ‘n Belaste lembus voeg gewig aan die lem vir dieper oppervlakpenetrasie terwyl dit die masjien toelaat om sonder moeite in die oppervlak in te sny ongeag die terrein en oppervlaktoestande.
  • Belaste wielarms voeg meer gewig aan die lemtydens die operasie terwyl dit voorsiening maak vir die plasing van addisionele gewig op die een kant van die lem wanneer dit nodig is vir ’n diep sny.
  • Die omkeerbare snyrante bestaan uit twee verwisselende snyrande. Dit laat optimale slytasie op die lem toe deurdat dit die snykante van die linkerkant na die regterkantkant kan ruil wanneer die lemhoeke rondgeslyt is en hul vermoë om deur te dring verloor.
  • Die vyf-tand skeurploeg is aan die voorkant van die lem langs die trekstang geplaas en word deur middel van hidroliese silinders vanaf die operateursitplek beheer wat die skeurploeg toelaat om te sak en op te lig soos benodig. Hierdie breek op sy tyd harde grond of gekompakteerde materiaal op wat die lem nie self kan verwyder nie. Die tande het ook diepte-beheerde-aanpassings om by alle toestande aan te pas.
  • Die Perfect Hitch, haakstelsel maak voorsiening vir ’n groter mate van beweging in alle rigtings tussen die masjien en die trekker.
  • Die operateur se veiligheidsitplek is toegerus met veiligheidsgordels en armleunings om operateursveiligheid te verseker en is strategies geplaas sodat die operateur gemaklik toegang tot die die beheerstelsel kan hê.

Geen inhoud gevind...

RGR250

LEMWYDTE (mm)
3000
VERVOERWYDTE (mm)
2121
LENGTE (mm)
7750
VERVOERLENGTE (mm)
5630
WERKSHOOGTE (mm)
1457
GEWIG (kg’s)
2500
WIELE
2 x 7.50 x 16.0
KOPPELSTUK (kat.)
Trailed
LEMHOEK
Variable
AANBEVOLE KRAGVEREISTE (hp/kw)
100/82