Radium se Wyding-beligters is ontwerp met melkplase in gedagte. Die oorspronklike doel was om gekompakteerde grond net onder die weidingsvlak op aangeplante weidings op te breek. Die ontwerp was egter baie meer veelsydig en die gebruik daarvan in natuurlike weiding, op kitsgras, of vir kleinskaalse ploegwerk word by die dag meer gewild.
Soos wat die kouters deur die weiding beweeg, sny hulle ʼn netjiese pad voor elke tand. Die tande is ontwerp om die grond onder die oppervlak van die weiding op te lig, sonder enige skade aan die oppervlak van die gewasse. Agter die tand, druk ʼn roller die oppervlak weer vas en maak enige vore toe in sy pad.
Gereelde gebruik van ʼn Radium Wyding-beligter belug die grond en verhoog die water se beweging en penetrasie. Verbeterde wortelontwikkeling in weidings lei tot groter opbrengste. ʼn Goeie wyding-beligter is noodsaaklik om die verdigting te verminder wat deur vee en die beweging van voertuie oor weiding en landerye veroorsaak word.
Geen inhoud gevind...